Graag wil ek namens die SA Nasionale bloeddiens baie dankie
se vir jul ondersteuning, Bemarking en hulp met ons bloedskenk dag te Vryburg
op MAANDAG 30 Julie 2018.
Ons mikpunt vir die dag was 32 eenhede bloed, wat selde
bereik word, maar met jul hulp en ondersteuning het ons 41 eenhede heelbloed
getap, dit beteken ons kan 123 lewens red. Elke eenheid bloed wat geskenk
word kan 3 pasiente se lewens red.
Ons het ook 5 eenhede dubbele rooiselle gekry, dit is
bloedskenkers wat 2 eenhede rooibloedselle op n slag skenk.
Graag wil ek Ruan Wolmarans uitsonder wat die heeltyd by die
bloedskenk kliniek was, gehelp het koekies en koeldrank vir die skenkers gee,
en so vriendelik was met die skenkers, ek waardeer jou!!
Ek hoop en glo ons sal in die toekoms weer saam kan werk.
Weereens dankie vir jul ondersteuning in ons diens. Bloed is
n kosbare GESKENK wat jy aan iemand gee wat dit nodig het, en jy weet nooit
wanneer dit dalk 1 van jou familie lede of vriende is wat dit nodig gaan he
nie.
Daar is ook statistiek bewys dat slegs 1% van die populasie
bloedskenk, en daar is altyd n tekort aan bloed in die land.
Magda Tesner - Regional Relations Practitioner SANBS